En soo draf ons deur hierdie Maandag dat mens jouself van agter af inhol🤪🤪🤪en hier waar ek nou sit en “reminiche” soos Ouma May altyd gesê het…oor ‘n dag waar soveel lekker mense oor my pad gekom het…. Calitzdorp mammas wat donker oggend gou saam met pellies ‘n warm koffietjie kom drink…. die hoogs engelse Museum Bestuurder wat ‘n kwotasie vir “finger snacks” wil hê, vriendin wat saam met haar Mammie kom koek en tee oordat dit haar Birthday is tot by die harseer van ‘n pellie wat begrafnis teegoed kom bestel vir haar Pappie wat nie meer hier is nie….vreemdes van ander lande wat hulle sit hier voor die kaggeltjie kom kry en Plaasmense op wie se gesigte ‘n diep dankbaarheid is oor reën wat die Klein Karoo aarde kom seën🙏🙏🙏….kinders wat aandring op Nostalgie se kaneelpannekoeke en die tyre man wat aandkos kom koop….’n bevoorregte dag vol van ons dorp se mense…en hier by Nostalgie waar ons lekker kos kook wat mens laat terug verlang na jou Ma❤️❤️❤️ se kos maak ons ons arms oop en sê dankie vir ‘n ieder en elk wat op ‘n besige dag ‘n tydjie maak om hier in te loop….ons sien jou raak en sê dankie🙏Groete uit Nostalgie se Kombuis waar ons jeeeeerlike wintergeregte optower😋😋😋net omdat ons kan😎😎#winterisnouhier❤️

Pin It on Pinterest