Ek sou wat wou gee vir die ongelooflike voorreg om op Moedersdag die foon kon optel en vir Ouma May❤️❤️❤️ ‘n luitjie te gee…..die een mens wat my geken het van my eerste aanskouing van my lewenslig…groot gemaak na die beste van wat sy in haar mens wees kon vermag….want hierdie lekke ekke was van dag een nog nooit ‘n easy drink nie🙈🙈🙈🙈nope… altyd aan die beur stroom op.. maar sy het nooit opgegee aan hierdie jongste teug van haar nie…nooit opgehou bid of lief hê nie.…en ek weet daarin lê die essensie van ma wees….daai nooit opgee, nooit ophou lief hê liefde….daai naelstring liefde wat tot in eternity strech….onbreekbaar….no matter what…. dis die liefde wat ek vir 57 jaar van my Ma gekry het…daai..no matter what liefde…..Dankie Mamma ek sou jou Sondag wou bel….maar nou sal ek ‘n wit kers vir jou brandsteek…net omdat jy dié kind van jou lief gehad het…..no matter what❤️❤️Hier by Nostalgie het ons bosse blomme vir R75.00 of nog beter bring jou Ma vir tee en koek of wyn en kos, kom koester haar, kom sit styf teen haar lyf, kom lag oopbek dat sy kan hoor jy is ok, happy…en weet van haar no matter what liefde❤️❤️Nostalgie se deure is bottoe op Moedersdag sodat almal van ons lekker deur onse eie of grootmaak of houtpram kinners bederf kan word…sommer net omdat ons ons kinders lief het….no matter what❤️

Pin It on Pinterest