Loop kuier ons toe mos in die mooie Kaap die naweek????en was dit nou lekker???…want as ek my spore Kaap toe kry beteken dit net …..lekker eet????Vir ons van die Klein Karoo is dit die lekkerste om in die stad te bly en van daar af beloop en bewerk ons Kaap die Goeie Hoop van ‘n kant af….doen en eet en kuier vir ‘n vale…mis niks en skip niks….neeeee ons doen die hele tutie….so sê Carel Saterdagmiddag ons moet Leeukop op???ons dink dit is sommer net ‘n gou se stap….hulle twee met plakkies en ek en Bokka met sommer net skoene….ek sien toe hierdie een sal ek moet uitsit na ek die eerste steilte uit gebeur het….het mos ‘n knie ???julle weet?Bokka wou nog saam omdraai maar Sus en Carel sleep hom berg op …..dis mos net ‘n kort stappie ???wel …… twee ure later kom die drie die berg af…tot bo geklim…glad nie easy peasy nie??? maar ewen te wel so is ons kop om Signal Hill toe….en daar op Signal Hill beleef ons saam met ‘n skare mense dié mooiste mooiste sonsondergang op ‘n windstil soel aand….en ek ervaar ‘n diep dankbaarheid vir ons mooie land…daar waar ons sit …al die nasies van die wêreld beleef op daai berg ‘n Vrede wat mens se verstand te bowe gaan???dankbaar dat dit my beskore was en dankbaar dat ek dit saam met my mense kon beleef…..maar ons is veilig terug hier in die Klein Karoo…klaar knie diep in die nuwe week????ons kook en ons maar jeeeeerlike kos net omdat ons kan??sooo kom kuier hier by ons of kom haal klaar kosse uit ons yskas sodat jy jou week op ‘n rustiger trant kan begin????Groete uit ‘n Maandag Nostalgie Kombuis waar ons die riel op ‘n Kaapse ritme trap???#komkryklaarkossebynostalgie??

 

Pin It on Pinterest