Jeeeerlike geroosterde soet patats…..en so maak mens????
Wie onthou nog vir Esmé Everard met elke middag se resep op die radio met “so maak mens”????
Skrop die patats goed skoon sodat hulle se pienk lywe blink skoon voor jou lê??pak hulle op jou bakplaat en smeer hulle nou behoorlik in met olyfolie, heel komyn en heel fennel??trek foelie oor en druk in die oond en met 180grade se warmte op hulle pienk geskropte lywe bak hulle sommer gou lekker sag??
Sny die sagte patats middel deur en pak jou plaat kant aan wal met pense na bo??nou kom die lekkerte van nog olyfolie en vars tiemietakkie op elke halwe en as jy jou patata soet wil hê bedruip hom met die heuningkwas??
Nou sit jy die plaat terug in die oond en bak patats tot hulle kante so ‘n politieke???kleurtjie begin kry???lekker man lekker???
Hier by ons bedien ons patats net soos ons gaste dit wil hê???soooo kom kuier en proe en eet lekker kos met ‘n definitiewe gesonde huppeltjie in??Groete uit Nostalgie se Kombuis waar Patat koning kraai??#onsismaloorkosmaak❤️❤️

Pin It on Pinterest